top of page

Search Results

Search this site

22 results found with an empty search

  • Almost Ready | Suikerbekkie

    Hier broei iets nuuts in die oond! Hierdie afdeling is nog in die oond – ek is besig om die produkte en foto's op te laai. As jy reeds nuuskierig is of ’n kwotasie wil hê, moenie wag vir die oplaai-feetjie nie. Stuur vir my ’n vinnige boodskap hieronder, en ek sal binne ’n paar uur terugkom om saam te gesels oor wat jy in gedagte het. Suikerbekkie – alles word met sorg en trots self gemaak. Haastig? Stuur vir my ’n vinnige boodskap, en ek sal kyk of ek vroeër kan help. Let’s chat Thanks for submitting!

  • OOR MY | Suikerbekkie

    Hello Ek is Perine, die hart agter Suikerbekkie. Ek het nog altyd daarvan gehou om moo goed te skep wat deurdink, mooi saamgestel en ’n bietjie nostalgies is. Of dit nou ’n nageregtafel, geskenk of gestileerde opstelling is, my doel bly eenvoudig: om iets te maak wat mooi is sonder om sy warmte of egtheid te verloor. My Verhaal Oor My Ek het al meer as drie-en-twintig jaar lank geleenthede en handelsmerk-promosies gekoördineer en mooi ervarings geskep waar detail en ontwerp altyd saak maak. Ek glo dat ware uitnemendheid gebeur wanneer jy iets met hart en bedoeling aanpak. Goeie ontwerp gaan oor balans, skaal en harmonie – daardie oomblik wanneer alles net reg lyk en voel. Waar Ek Vandaan Kom Ek het in Suid-Afrika grootgeword, waar mense hou van saamkuier – warm, kleurvol en altyd met lekker kos op die tafel. Suid-Afrikaanse vroue het daardie ding vir koördinasie; alles moet bymekaar pas, van die blomme tot die servette. Ons gee om oor die klein details, want dis wat iets spesiaal maak. Ná ek België toe getrek het, wou ek daardie warmte, humor en gesellige chaos deel met die meer gereserveerde Belge, en tegelyk inspeel op hulle liefde vir die Bourgondiese leefstyl – goeie kos, lang geselsies en ’n rustige manier van geniet. Dis daardie mengsel van twee wêrelde wat vir my so tuis voel. Ervaring en Opleiding Voor ek Suikerbekkie begin het, het ek Balloon Design Academy in Suid-Afrika bestuur. BDA het deels gefokus op dekor- en koördinasiedienste, en deels op opleiding om ’n nuwe generasie ballon-dekorspesialiste op te lei. Ballonne was vir my ’n sterk medium – ’n kreatiewe en effektiewe bemarkingsmiddel wat mense se aandag trek en prikkel. Ek was altyd verbaas oor hoe goeie ontwerp ’n gewone, selfs dowwe ruimte, kon verander en ’n passende atmosfeer skep wat vol energie, warmte en emosie voel. Ek het die opleidingsaspek van my werk ongelooflik baie geniet! Dit het my gevul met eindelose vreugde om te sien hoe mense hulle kreatiwiteit en selfvertroue ontdek en ontwikkel. Ek hoop om hier ook van tyd tot tyd ’n werkswinkel aan te bied en my kennis en passie met ander te deel. My Inspirasie Ek vind inspirasie in alles en oral, maar die natuur bly beslis my grootste bron. Moeder Natuur se kleurpalette, teksture en balans bly vir my onuitputlik. Ander bronne van inspirasie is kuns en poësie, maar ek dink dit lê ewe veel in die gewone dinge wat ons raaksien in die verbygaan op ’n alledaagse dag. Inspirasie is oral – jy moet dit net raaksien – en ek hou daarvan om daardie indrukke te vertaal in iets tasbaar en mooi. My Filosofie Ek glo in ambagswerk, kwaliteit bestanddele en om regtig teenwoordig te wees in wat ek doen. Elke boksie, lint en happie word met bedoeling en sorg gekies of gemaak – of dis darem waarna ek streef. My kinders het my leuse al só baie gehoor dat hulle dit seker in hul slaap kan opsê: As jy iets doen, doen dit reg of los dit… en los is nie ’n opsie nie, so doen dit liewer reg. Daardie gesindheid loop soos ’n goue draad deur alles wat ek doen. Suikerbekkie gaan nie oor perfeksie of massaproduksie nie. Dis oor sorg, gehalte en betekenis. Wanneer dit by geskenke kom, glo ek dit gaan nie oor wat vir die gewer mooi of gerieflik is nie. Dit gaan oor werklik luister en absorbeer wat die persoon vir wie jy iets gee, mooi vind of gaan waardeer. Dis waar die betekenis lê – in die feit dat jy aandag gee. Wat Jy Kan Verwag Wanneer jy by Suikerbekkie bestel, kan jy weet dat ek dieselfde sorg en liefde daarin steek asof ek dit vir my eie geliefdes maak – met die beste bestanddele en baie liefde. Ek hanteer elke bestelling self, van die eerste boodskap tot die laaste lint. Ek glo kommunikasie moet duidelik wees, afsprake moet gehou word, en elke kliënt se bestelling is vir my belangrik. Dinge loop nie altyd perfek nie – oonde het soms hul eie planne – maar ek gee altyd my beste en maak seker dit eindig reg. Of dit nou ’n geskenkboks, ’n stylvolle tafel of ’n klein feesie is, jy kan eerlikheid, sorg en iets met hart verwag. Dis die belofte agter Suikerbekkie. Hoekom Suikerbekkie Suikerbekkie verwys na die klein suikerbekvoëltjie – ’n kleurvolle voëltjie wat dikwels tussen die helder proteas en veldblomme van die Kaap rondfladder. Hy leef van soetigheid en is van nature aangetrokke tot kleur en skoonheid. Dis ook ’n troetelnaam, soos my liefie of my bekkie. En letterlik beteken dit natuurlik om ’n mond vol suiker te hê – wat nogal pas by wat ek doen. Die naam voel vir my reg, want dit dra alles wat ek liefhet: kleur, warmte, vrygewigheid en ’n tikkie soet. Baie Belge hou van hoe Afrikaans klink – selfs as hulle nie weet wat dit beteken nie, laat die woord hulle glimlag. Suikerbekkie verbind my Suid-Afrikaanse wortels met my lewe hier in België – ’n klein, soet raakpunt tussen twee uiteenlopende wêrelde. Greater Double-collared Sunbird (Cinnyris afer) A striking bird with an emerald-green head, deep red breast, and narrow blue band, resting among red bottlebrush-like blossoms. Native to southern and eastern South Africa, it thrives in fynbos and coastal gardens. Southern Double-collared Sunbird – Cinnyris chalybeus Southern Double-collared Sunbird with green head and red chest perched on yellow pincushion flower. Amethyst Sunbird (Chalcomitra amethystina) Amethyst Sunbird with glossy dark green and blue feathers perched on tall grass. Greater Double-collared Sunbird (Cinnyris afer) A striking bird with an emerald-green head, deep red breast, and narrow blue band, resting among red bottlebrush-like blossoms. Native to southern and eastern South Africa, it thrives in fynbos and coastal gardens. 1/4

  • Terms & Conditions | Suikerbekkie

    BEPALINGS & VOORWAARDES Bepalings en voorwaardes Laas opgedateer: 28/10/23 1. Aanvaarding van Bepalings Deur toegang tot en gebruik van die Suikerbekkie Traktaties webwerf en dienste, stem jy in om te voldoen aan en gebonde te wees aan hierdie Bepalings en Voorwaardes. As jy nie tot hierdie bepalings instem nie, weerhou asseblief daarvan om ons webwerf en dienste te gebruik. 2. Gebruik van die webwerf U stem in om ons webwerf slegs vir wettige doeleindes te gebruik en op 'n wyse wat ooreenstem met hierdie bepalings en voorwaardes. Jy mag nie ons webwerf vir enige onwettige of ongemagtigde doel gebruik nie. 3. Produkte en Dienste Suikerbekkie Traktaties bied produkte en dienste aan wat verband hou met koeke, lekkers, lekkernye en verwante dienste, soos beskryf op ons webwerf. Produkbeskikbaarheid, beskrywings en pryse is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing. 4. Bestelling en betaling Wanneer u 'n bestelling plaas, stem u in om akkurate en volledige inligting te verskaf. Betalings word veilig verwerk, en jy stem in om alle koste wat met jou bestelling verband hou, te betaal. Bestellings is onderhewig aan aanvaarding en beskikbaarheid. 5. Intellektuele Eiendom Alle inhoud op ons webwerf, insluitend maar nie beperk nie tot teks, beelde, grafika en logo's, word deur intellektuele eiendomsregte beskerm en mag nie sonder ons vooraf skriftelike toestemming gebruik word nie. 6. Privaatheidsbeleid Jou gebruik van ons webwerf word beheer deur ons Privaatheidsbeleid. Deur ons webwerf te gebruik, stem jy in tot die versameling en gebruik van jou persoonlike inligting in ooreenstemming met die Privaatheidsbeleid. 7. Beperking van aanspreeklikheid Suikerbekkie Traktaties is nie aanspreeklik vir enige indirekte, toevallige, spesiale of gevolgskade nie. Ons sal nie verantwoordelik wees vir enige verlies of skade wat voortspruit uit jou gebruik van ons webwerf of dienste nie. 8. Beëindiging Ons behou die reg voor om toegang tot ons webwerf en dienste te beëindig of op te skort, met of sonder rede, na ons goeddunke. 9. Toepaslike Reg Hierdie bepalings en voorwaardes word deur die Belgiese wetgewing beheer. Enige geskille sal in ooreenstemming met Belgiese regsprosedures opgelos word. 10. Veranderinge aan hierdie bepalings Ons kan hierdie Bepalings en Voorwaardes van tyd tot tyd bywerk om veranderinge in ons praktyke te weerspieël of om wetlike en regulatoriese redes. Ons sal jou in kennis stel van enige beduidende veranderinge deur 'n prominente kennisgewing op ons webwerf te plaas. 11. Kontak Ons As jy enige vrae of bekommernisse het oor hierdie Bepalings en Voorwaardes of ons dienste, kontak ons asseblief HIER

  • Bokse & Borde | Suikerbekkie

    BOKSE & BORDE Vars gemaak. Mooi gebalanseer. Gemaak om te deel. Of dit nou ontbyt in die bed is, ’n piekniek in die tuin, of ’n rustige aand saam met vriende – hierdie bokse en borde bring daardie bietjie ekstra spesiaal na gewone dae. Alles word van nuuts af voorberei of met sorg uitgesoek – met aandag aan smaak, varsheid en klein verrassings wat jy nie sommer in die supermark gaan kry nie. ONTBYTBOKSE Gemaak vir rustige oggende, spesiale geleenthede en die tye tussenin. Elke boks is sorgvuldig saamgestel met ’n kombinasie van soet en sout gunstelinge – vars, mooi aangebied en met sorg voorberei. Seisoenale bestanddele hou dit interessant en verseker dat geen twee bokse ooit presies dieselfde is nie. Ideaal vir geskenke, wegbreke of as ’n klein bederf vir jouself. SHOP BOKSE CHARCUTERIE BORDE Ontwerp vir moeitelose onthaal en deel. Elke skinkbord word noukeurig saamgestel met ’n verskeidenheid vleise, kase, vrugte en vars byvoegsels soos brood, beskuitjies en groentehappies – in balans vir smaak, tekstuur en kleur. Met seisoenale variasies en plaaslike produkte bly elke bord vars, uniek en stylvol aangebied. Ideaal vir pieknieks, ontspanne funksies of intieme vieringe. BESTEL BORDE SPESIALE VERSOEKE Soms soek ’n mens iets wat net ’n bietjie meer spesiaal is as wat in die winkel staan. Ek help graag met iets persoonlik – of dit nou vir ’n vergadering, ’n klein spanbederf of ’n groter funksie is. Elke bestelling word met aandag en sorg saamgestel, volgens jou tema, styl en behoefte. Dis altyd vars, mooi en prakties – perfek vir enige geleentheid wat iets besonders verdien. BEGIN HIER Bestelling Elke boks en bord word vars gemaak wanneer jy bestel – sodat dit altyd smaaklik, mooi en van goeie gehalte is. Plaas jou bestelling minstens 72 uur vooruit om genoeg tyd vir voorbereiding en versameling van bestanddele te gee. As jy iets gouer nodig het, laat weet gerus – dit hang af van my skedule en wat beskikbaar is. Vir besige tye of spesiale dae is dit wys om effens vroeër te bespreek om jou plek te verseker. Jy kan jou bestelling direk in die aanlyn winkel plaas of my kontak vir iets op maat. Seisoenbederf & Beperkte Uitgawes Regdeur die jaar stel ek ’n paar spesiale bokse en borde saam, geïnspireer deur die seisoen – van feestelike Kersontbyte tot kleurvolle lenteborde en warm herfsbederfies. Elke beperkte reeks word in klein hoeveelhede gemaak en slegs vir ’n kort tyd beskikbaar gestel. Wil jy eerste hoor van nuwe uitgawes of aanbiedinge? Teken in vir seisoenale opdaterings of volg Suikerbekkie op sosiale media vir die nuutste inspirasie. WIL JY BESTEL OF SAAM IETS BESONDERS BEPLAN? BESTEL BORDE SPESIALE VERSOEKE

  • Almost Ready | Suikerbekkie

    We zijn hier met iets nieuws aan het bakken! Deze sectie staat nog in de oven — we zijn bezig met het toevoegen van producten en foto’s. Ben je al benieuwd of wil je graag een offerte? Wacht dan niet op de upload-fee. Stuur me hieronder gerust een berichtje. Ik antwoord binnen enkele uren om even mee te denken over wat je in gedachten hebt. Suikerbekkie – handgemaakt van nul af, met zorg, creativiteit en een persoonlijk tintje. Kun je niet wachten? Stuur me een berichtje, dan kijk ik of ik eerder kan helpen. CONTACT Bedankt voor je bericht!

  • WELKOM | Suikerbekkie

    Soet Veranderinge is op Pad! BINNEKORT! Met sorg tuisgemaak Met 'n tikkie Suid-Afrikaanse soetigheid besprinkel, word elke lekkerny met liefde en 'n tikkie nostalgie gemaak. Al ons lekkernye word van nuuts af voorberei met slegs die beste bestanddele — geen kortpaaie, geen voorafmengsels nie, net eerlike, handgemaakte heerlikheid in elke happie. Terwyl ons die laaste afrondings aan ons nuwe webwerf doen, neem ons met plesier bestellings aan vir ’n verskeidenheid van ons tuisgemaakte lekkernye. Laaste-minuut bestellings welkom — ons help graag! Beskikbare Lekkernye: Boks van 6 Kolwyntjies (Beskikbaar: Dekadente Sjokolade, Suurlemoenplesier, Karamel Latte, Vanielje Confetti, Wit Sjokolade & Karamel, en Bloubessie Suurlemoen) Mini Koekbroodjies afgerond met frosting: Sjokolade, Suurlemoen Chiffon, Pistachio & Roos Boks met 'n Verskeidenheid Huisgemaakte Koekies Bederfboks – 'n Heerlike mengsel van Karamel Blondies, Brownies en Sjokolade Koekie Fudge Piesangbrood Wortelkoekbrood afgerond met romerige roomkaasversiersel Boks van 6 Klein Tertjies Kies jou gunsteling geur: Melktertjies, Hertzoggies of Suurlemoen Meringue Boks van 6 Mini Tulbandkoekies met Suurlemoen Drizzle (sonder versiersel) Artisanale Granola in verskeie geure Natuurlik voedsaam en vol smaak — ideaal vir 'n voedsame ontbyt of 'n skuldvrye bederf. Lus vir iets soets? Vra vir die pryslys of plaas jou bestelling! Stuur vir my 'n boodskap op WhatsApp: 0468 47 6404 of e-pos my by HIER Caramel Latte Cupcake Decadent Chocolate Cupcake Granola Jar 500Gr Caramel Latte Cupcake 1/17 Lus vir ’n soet bederfie? Teken hieronder in om eerste te hoor wanneer ons heropen — en as jy ná ons heropening 'n bestelling plaas, ontvang jy 'n gratis proefpakkie van ons tuisgemaakte granola as 'n spesiale bedankie! Naam Van Email Teken in Dankie vir die indiening!

  • ABOUT ME | Suikerbekkie

    / MY STORIE Hallo, Ek is Perine Pretorius, en op die kwik-stewige ouderdom van 52 het ek besluit om kop-oor in 'n splinternuwe avontuur te spring. Hoekom, vra jy? Wel, die lewe gaan oor om die oomblik te gryp, nie waar nie? So hier is ek, gereed om my kragte te toets, nuwe vaardighede aan te leer, en 'n kulineriese reis aan te pak terwyl ek my grenselose passie vir goeie kos verken. Met my jongste kind wat nou die nes verlaat het, het ek skielik meer tyd om myself te verdiep in nuwe aktiwiteite wat vreugde bring. Die vertrek, alhoewel verwag, onthul 'n unieke hoofstuk in n ma se lewe. In die middel van hierdie verandering, wenk 'n nuwe deur—'n warm uitnodiging na die wêreld van Suikerbekkie Traktaties. Suikerbekkie, soos jy dalk vermoed het, draai alles om twee van my grootste liefdes: heerlike tuisgebakte lekkernye en kunstig versierde kaas borde. Dit is 'n huldeblyk aan die vaardigheid en kreatiwiteit van bakkers en spyseniers wat ek die voorreg gehad het om oor my 24-jaar reis as 'n geleentheidsbeplanner en dekorateur saam te werk. Al mag ek nie 'n professionele bakker wees nie, ek is altyd 'n entoesiastiese kok gewees, en ek is gretig om my bakvaardighede in die komende jare te ontwikkel. Ek het 'n bietjie van 'n perfeksionis-streep as dit by my werk kom. Om my kliënte niks anders as die beste te bied nie, is 'n prioriteit. Uiteindelik is dit my manier om liefde en sorg te wys, soos my Suid-Afrikaanse wortels, waar die deel van goeie kos 'n gekoesterde tradisie was. O, daardie herinneringe aan familie byeenkomste gevul met gelag en geur! Dit het diep spore op my siel gelaat. Met die vreugde van smaaklike kos kom die kunsvaardigheid van pragtige dekor, en ek is opgewonde om beide met jou te deel. Buiten onweerstaanbare lekkernye, sien ek daarna uit om my kundigheid in geleentheidsbeplanning uit te brei. Van die skep van betowerende tafelskikkinge tot die stilering van koek tafels wat 'n blywende indruk maak, spesialiseer ek daarin om geleenthede te transformeer in onvergeetlike ervarings. En natuurlik, wanneer dit aankom op korporatiewe geskenke en merkaktiverings kan jy gerus wees, ons sal al jou behoeftes sorgvuldig bedink en hanteer! Geniet die soetheid van Suikerbekkie Traktaties, 'n ode aan goeie kos en pragtige dekor. Ek nooi jou uit om deel te wees aan hierdie unieke ervaring, waar elke smaakexplosie en visuele verrassing jou sinnen betower. Kom proe die lewe se lekkernye saam met ons en geniet 'n knipoog na Suid-Afrikaanse flair, wat elke oomblik 'n viering van uiteenlopende smake maak! Hoekom die naam Suikerbekkie? Die term "suikerbekkie" in Afrikaans verwys na 'n klein voëlspesie bekend as die Kaapse suikervoël (Promerops cafer) wat inheems aan Suid-Afrika is. Hierdie voël het 'n kenmerkende lang, geboë snawel wat gebruik word om nektar uit blomme te onttrek. Dit is 'n pragtige voël met treffende kleure en word dikwels gebruik as 'n simbool van Suid-Afrikaanse fauna en flora. "Suikerbekkie" is egter ook 'n term van dierbaarheid in Afrikaans wat gebruik word om toegeneentheid teenoor 'n geliefde of iemand spesiaal uit te druk. In hierdie konteks is dit soortgelyk aan terme van bemindheid soos "liefling", "heuning" of "darling" in Engels. Die gebruik van "suikerbekkie" as 'n term van dierbaarheid het moontlik ontstaan uit die voël se assosiasie met soetheid, aangesien dit voed op nektar, wat 'n soet stof is. Die term word dikwels in 'n romantiese konteks gebruik, maar dit kan ook tussen familielede of goeie vriende gebruik word as 'n teken van toegeneentheid. Opsommend verwys "suikerbekkie" na 'n voëlspesie in Afrikaans, maar dit is ook 'n term van liefde wat gebruik word om toegeneentheid teenoor iemand spesiaals uit te druk. Orangebreasted Sunbird Marico Sunbird - Cynnyris mariquensis Greater Double-coloured Sunbird on Strelitzia flower Orangebreasted Sunbird 1/6

  • BOARDS FORM | Suikerbekkie

    Let's Chat Phone 123-456-7890 Email info@mysite.com Social Media First Name Last Name Email Phone Message Send Thanks for submitting! Contact This is your Contact section paragraph. Encourage your reader to reach out with any questions, comments or to take a different action specific to your site. You can also click on the contact form to customize the fields.

  • BOARDS TO TABLES | Suikerbekkie

    Gourmet Grazing Experiences This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors. Click Here Section Title Small Title This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors. Small Title This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors. Small Title This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors. Small Title This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors. Section Title This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content and make sure to add any relevant details or information that you want to share with your visitors. Slide Title This is a Paragraph. Click on "Edit Text" or double click on the text box to start editing the content.

  • Store Policy | Suikerbekkie

    PRIVAATHEIDSBELEID Kansellasie beleid Laas opgedateer: 28/10/23 1. Voorafbestellings Suikerbekkie Traktaties spesialiseer in die verskaffing van vars produkte, wat dikwels vooraf beplanning en bestelling verg. As sodanig, wees asseblief bewus van die volgende kansellasiebeleid: 2. Sperdatum vir kansellasie Ons verstaan dat omstandighede soms verander. As jy 'n bestelling moet kanselleer, doen dit asseblief met ruim kennisgewing. Geen kansellasies sal egter binne 48 uur na die besteldatum aanvaar word nie. Dit is omdat ons dalk reeds die nodige vars bestanddele bekom het, en laat kansellasies kan aansienlike vermorsing tot gevolg hê. 3. Terugbetalings Alhoewel ons nie in staat is om volle terugbetalings te verskaf vir bestellings wat binne 48 uur na die besteldatum gekanselleer is nie, sal ons alles inspan om jou finansiële impak te minimaliseer. Indien moontlik, sal ons 'n gedeeltelike fooi terugbetaal, met inagneming van enige uitgawes wat ons aangegaan het, insluitend die koste van bestanddele en voorbereiding. 4. Hoe om 'n kansellasie te versoek Om 'n kansellasie te versoek, kontak asseblief ons kliëntediens so gou as moontlik. Ons sal die situasie assesseer en saam met jou werk om jou spesifieke behoeftes en bekommernisse aan te spreek. 5. Privaatheidsbeleid Jou gebruik van ons webwerf word beheer deur ons Privaatheidsbeleid. Deur ons webwerf te gebruik, stem jy in tot die versameling en gebruik van jou persoonlike inligting in ooreenstemming met die Privaatheidsbeleid. 6. Bepalings en voorwaardes Hierdie Bepalings en Voorwaardes is van toepassing op jou gebruik van ons webwerf en dienste. Lees dit asseblief noukeurig deur om jou regte en verantwoordelikhede te verstaan. 7. Kliëntediensbeleid Ons kliëntediensspan is hier om jou by te staan. Verwys asseblief na ons "Kontak ons"-afdeling vir inligting oor hoe om ons ondersteuningspan te bereik. Ons streef daarna om stiptelik op navrae te reageer en hulp te verleen met enige vrae of kwessies wat u mag hê. 8. Veranderinge aan hierdie beleide Suikerbekkie Traktaties behou die reg voor om hierdie beleide enige tyd by te werk of te wysig. Ons sal u in kennis stel van beduidende veranderinge deur 'n kennisgewing op ons webwerf te plaas. Jou voortgesette gebruik van ons dienste na sulke veranderinge stel jou aanvaarding van die hersiene beleide. 9. Kontak ons As jy enige vrae of bekommernisse oor ons beleide of ons dienste het, kontak ons assebliefHIER .

WINKEL:

Voorwaardes & Bepalings
Vrae en Antwoorde
Versending / Afhaal
Winkelbeleid
Kontak My

BESKIKBAARHEIDSURE:

Suikerbekkie het geen vaste ure nie.
Afhaal- en afleweringstye word vooraf gereël op ’n manier wat vir jou gemaklik is.
Persoonlike afsprake kan gereël word indien verkies.


Dankie dat jy my en my klein besigheid ondersteun.

ADRES:

Hollestraat 15
2220, Hallaar
België

  • Instagram
  • Facebook

© 2023 deur Suikerbekkie Traktaties. 

Subscribe for a little sweetness in your inbox. Get an occasional note when something fresh is baking, a workshop opens, or a new box launches. Simple, warm, and worth reading with your coffee.

bottom of page