
Met sorg gemaak. Met liefde gedeel.
Welkom by Suikerbekkie. My klein tuisbakkery wat ek uit my kombuis in Heist-op-den-Berg bedryf.
My Suid-Afrikaanse wortels loop deur alles wat ek maak, saam met my liefde vir regte, eerlike bestanddele. Regte botter elke keer, want niks anders gee daardie sagte, ryk smaak nie. Geen pakkies of klaargemengde goed nie. Alles word van vooraf, stadig en met die hand gemaak.
Ek het nog altyd ’n oog vir die fyner detail gehad en daarvan gehou om dinge met sorg te doen. Ná meer as twintig jaar as ’n event planner is dit waarskynlik presies hoekom hierdie klein besigheid ontstaan het.
Of dit nou ’n lekker platter met soet happies is, ’n pot tuisgemaakte granola, ’n ontbyt- of charcuterieboks om die dag reg te begin, of ballonne en tafelafwerking om ’n oomblik ekstra spesiaal te maak. Ek geniet dit om warmte en aandag by gewone dae en vieringe te voeg.
Net ’n klein bietjie huis, waar jou huis ook al mag wees.
AANBOD
Besoek ons aanbiedings en ontdek hoe ons funksies op 'n kunstige manier laat skitter. Van pragtige tafelversiering tot persoonlike geleentheidsversiering en bedagsame korporatiewe geskenke – ons maak jou visie 'n werklikheid.
GRATIS AFLEWERING
Afgelewer by jou voordeur
NUWE OPTELDIENS
Kry dit vars
SUIKERBEKKIE TABLE TALK
A collection of stories, lessons, and ideas from behind the scenes of Suikerbekkie. Expect creative inspiration, styling tips, and the occasional unfiltered opinion — all grounded in real experience and a love for thoughtful design.

LATEST FROM THE TABLE
Fresh notes, ideas, and musings from my Suikerbekkie world.
How Suikerbekkie Began: Finding Strength in Creativity
When life forced me to walk away from the business I had built, I had to start over — not out of choice, but out of need. Suikerbekkie became my way to rebuild joy, purpose, and a sense of home — one creation at a time.
Read More →





















































