top of page

Search Results

21 results found with an empty search

  • Koeke & Soetigheid | Suikerbekkie

    KOEKE & SOETIGHEID Elke tafel vertel ’n storie van geur en warmte. Ek bak en versier met ’n rustieke styl om nageregtafels te skep wat natuurlik, mooi en vol karakter is. Met baie jare se ervaring in geleentheidsbeplanning en dekor verstaan ek hoe belangrik detail en balans is. ’n Mooi nageregtafel gaan oor meer as smaak – dit is die eerste indruk, die stemming, die gevoel van sorg. Ek gebruik natuurlike kleure, teksture en vars elemente om ’n verwelkomende atmosfeer te skep. Elke item word met die hand gemaak, in klein hoeveelhede en sonder kitsmengsels. Ek is veral bekend vir my kaaskoek en tertjies, maar kyk gerus ook na die res van my gebak – van koeke en kolwyntjies tot brownies en ander soet bederfies, almal met dieselfde aandag aan gehalte en smaak. Spring baby shower color palette sample – Suikerbekkie Heist-op-den-Berg Color-matching sample created by Suikerbekkie for a spring baby shower theme, featuring balloons in yellow, pink and turquoise with coordinated seasonal florals to illustrate the chosen style. Rosewood and blush balloon color sample with green hydrangea accents – Suikerbekkie Heist-op-den-Ber Color-matching concept created by Suikerbekkie featuring balloons in rosewood, nude, blush pink, chrome gold and soft green tones, finished with hydrangea floral trim in natural greens to illustrate a refined styling palette. Alice in Wonderland color sample in muted blue, pink and purple – Suikerbekkie Heist-op-den-Berg Whimsical color-matching sample by Suikerbekkie inspired by an Alice in Wonderland theme, featuring balloons and florals in soft muted shades of blue, pink and purple for a dreamy, storybook palette. Spring baby shower color palette sample – Suikerbekkie Heist-op-den-Berg Color-matching sample created by Suikerbekkie for a spring baby shower theme, featuring balloons in yellow, pink and turquoise with coordinated seasonal florals to illustrate the chosen style. 1/8 TWEE MANIERE OM TE GENIET BESTEL HIER Kies uit kaaskoeke, tertjies, koeke, kolwyntjies, brownies en meer – ideaal vir verjaarsdae, koffie saam met vriende, of net ’n rustige naweekbederf. Elke gebak word vars op bestelling gemaak, sodat jy altyd daardie egte tuisgebakte smaak en tekstuur kry. My styl is eenvoudig en natuurlik, met die klem op geur, tekstuur en die skoonheid van eenvoud. BESTEL GEBAK BEPLAN SAAM Droom jy van ’n mooi nageregtafel, maar kort tyd of idees? Ek help jou om iets warm en gesellig saam te stel wat mooi lyk sonder om dit ingewikkeld te maak. Alles – van kleure en teksture tot die klein details – word sorgvuldig beplan sodat jou tafel klaar, gebalanseerd en mooi lyk, sonder enige gesukkel of spanning. BEPLAN SAAM Smake met ’n Bietjie Siel Benewens bekende gunstelinge bied ek soms Suid-Afrikaanse soet geregte soos melktert of malvapoeding aan – ’n klein verwysing na my wortels, en iets besonders vir dié wat van nuwe smake hou of verlang na huis. Ek ondersteun plaaslike boere en makers By Suikerbekkie glo ek dat ware gehalte by die bron begin. Ek kies om saam te werk met plaaslike boere, produsente en klein ondernemings wat dieselfde standaarde vir varsheid, smaak en sorg handhaaf. As jou produkte my gebak kan aanvul – van vrugte tot sjokolade – kontak my gerus. Perfek vir Verjaarsdae • Babatee • Troues • Gesinsmylpale • Klein korporatiewe byeenkomste Kom ons Beplan As jy weet wat jy wil hê, bestel dit sommer aanlyn. Maar as jy hulp of inspirasie soek, gesels ons saam en beplan ’n mooi, eenvoudige nageregtafel wat reg voel vir jou geleentheid.

  • OOR MY | Suikerbekkie

    Hello Ek is Perine, die hart agter Suikerbekkie. Ek het nog altyd daarvan gehou om moo goed te skep wat deurdink, mooi saamgestel en ’n bietjie nostalgies is. Of dit nou ’n nageregtafel, geskenk of gestileerde opstelling is, my doel bly eenvoudig: om iets te maak wat mooi is sonder om sy warmte of egtheid te verloor. My Verhaal Oor My Ek het al meer as drie-en-twintig jaar lank geleenthede en handelsmerk-promosies gekoördineer en mooi ervarings geskep waar detail en ontwerp altyd saak maak. Ek glo dat ware uitnemendheid gebeur wanneer jy iets met hart en bedoeling aanpak. Goeie ontwerp gaan oor balans, skaal en harmonie – daardie oomblik wanneer alles net reg lyk en voel. Waar Ek Vandaan Kom Ek het in Suid-Afrika grootgeword, waar mense hou van saamkuier – warm, kleurvol en altyd met lekker kos op die tafel. Suid-Afrikaanse vroue het daardie ding vir koördinasie; alles moet bymekaar pas, van die blomme tot die servette. Ons gee om oor die klein details, want dis wat iets spesiaal maak. Ná ek België toe getrek het, wou ek daardie warmte, humor en gesellige chaos deel met die meer gereserveerde Belge, en tegelyk inspeel op hulle liefde vir die Bourgondiese leefstyl – goeie kos, lang geselsies en ’n rustige manier van geniet. Dis daardie mengsel van twee wêrelde wat vir my so tuis voel. Ervaring en Opleiding Voor ek Suikerbekkie begin het, het ek Balloon Design Academy in Suid-Afrika bestuur. BDA het deels gefokus op dekor- en koördinasiedienste, en deels op opleiding om ’n nuwe generasie ballon-dekorspesialiste op te lei. Ballonne was vir my ’n sterk medium – ’n kreatiewe en effektiewe bemarkingsmiddel wat mense se aandag trek en prikkel. Ek was altyd verbaas oor hoe goeie ontwerp ’n gewone, selfs dowwe ruimte, kon verander en ’n passende atmosfeer skep wat vol energie, warmte en emosie voel. Ek het die opleidingsaspek van my werk ongelooflik baie geniet! Dit het my gevul met eindelose vreugde om te sien hoe mense hulle kreatiwiteit en selfvertroue ontdek en ontwikkel. Ek hoop om hier ook van tyd tot tyd ’n werkswinkel aan te bied en my kennis en passie met ander te deel. My Inspirasie Ek vind inspirasie in alles en oral, maar die natuur bly beslis my grootste bron. Moeder Natuur se kleurpalette, teksture en balans bly vir my onuitputlik. Ander bronne van inspirasie is kuns en poësie, maar ek dink dit lê ewe veel in die gewone dinge wat ons raaksien in die verbygaan op ’n alledaagse dag. Inspirasie is oral – jy moet dit net raaksien – en ek hou daarvan om daardie indrukke te vertaal in iets tasbaar en mooi. My Filosofie Ek glo in ambagswerk, kwaliteit bestanddele en om regtig teenwoordig te wees in wat ek doen. Elke boksie, lint en happie word met bedoeling en sorg gekies of gemaak – of dis darem waarna ek streef. My kinders het my leuse al só baie gehoor dat hulle dit seker in hul slaap kan opsê: As jy iets doen, doen dit reg of los dit… en los is nie ’n opsie nie, so doen dit liewer reg. Daardie gesindheid loop soos ’n goue draad deur alles wat ek doen. Suikerbekkie gaan nie oor perfeksie of massaproduksie nie. Dis oor sorg, gehalte en betekenis. Wanneer dit by geskenke kom, glo ek dit gaan nie oor wat vir die gewer mooi of gerieflik is nie. Dit gaan oor werklik luister en absorbeer wat die persoon vir wie jy iets gee, mooi vind of gaan waardeer. Dis waar die betekenis lê – in die feit dat jy aandag gee. Wat Jy Kan Verwag Wanneer jy by Suikerbekkie bestel, kan jy weet dat ek dieselfde sorg en liefde daarin steek asof ek dit vir my eie geliefdes maak – met die beste bestanddele en baie liefde. Ek hanteer elke bestelling self, van die eerste boodskap tot die laaste lint. Ek glo kommunikasie moet duidelik wees, afsprake moet gehou word, en elke kliënt se bestelling is vir my belangrik. Dinge loop nie altyd perfek nie – oonde het soms hul eie planne – maar ek gee altyd my beste en maak seker dit eindig reg. Of dit nou ’n geskenkboks, ’n stylvolle tafel of ’n klein feesie is, jy kan eerlikheid, sorg en iets met hart verwag. Dis die belofte agter Suikerbekkie. Hoekom Suikerbekkie Suikerbekkie verwys na die klein suikerbekvoëltjie – ’n kleurvolle voëltjie wat dikwels tussen die helder proteas en veldblomme van die Kaap rondfladder. Hy leef van soetigheid en is van nature aangetrokke tot kleur en skoonheid. Dis ook ’n troetelnaam, soos my liefie of my bekkie. En letterlik beteken dit natuurlik om ’n mond vol suiker te hê – wat nogal pas by wat ek doen. Die naam voel vir my reg, want dit dra alles wat ek liefhet: kleur, warmte, vrygewigheid en ’n tikkie soet. Baie Belge hou van hoe Afrikaans klink – selfs as hulle nie weet wat dit beteken nie, laat die woord hulle glimlag. Suikerbekkie verbind my Suid-Afrikaanse wortels met my lewe hier in België – ’n klein, soet raakpunt tussen twee uiteenlopende wêrelde. Greater Double-collared Sunbird (Cinnyris afer) A striking bird with an emerald-green head, deep red breast, and narrow blue band, resting among red bottlebrush-like blossoms. Native to southern and eastern South Africa, it thrives in fynbos and coastal gardens. Southern Double-collared Sunbird – Cinnyris chalybeus Southern Double-collared Sunbird with green head and red chest perched on yellow pincushion flower. Amethyst Sunbird (Chalcomitra amethystina) Amethyst Sunbird with glossy dark green and blue feathers perched on tall grass. Greater Double-collared Sunbird (Cinnyris afer) A striking bird with an emerald-green head, deep red breast, and narrow blue band, resting among red bottlebrush-like blossoms. Native to southern and eastern South Africa, it thrives in fynbos and coastal gardens. 1/4

  • Store Policy | Suikerbekkie

    / KLIËNTEDIENS Kliëntetevredenheid is vir my baie belangrik. Ek is altyd beskikbaar om vrae te beantwoord, te help met enige navrae of enige bekommernisse aan te spreek. Baie dankie dat jy Suikerbekkie kies vir jou huisgebak en bederfies. Ek sien daarna uit om weer vir jou te bak. / GROOTHANDEL NAVRAE Ek is 'n groothandel navrae afdeling. Ek is 'n wonderlike plek om ander kleinhandelaars in te lig oor hoe hulle jou pragtige produkte kan verkoop. Gebruik gewone taal en gee soveel inligting as moontlik om jou besigheid te bevorder en na die volgende vlak te neem! Ek is die tweede paragraaf in jou afdeling vir groothandelnavrae. Klik hier om jou eie teks by te voeg en my te wysig. Dit is maklik. Klik net "Wysig teks" of dubbelklik my om besonderhede oor jou polis by te voeg en veranderinge aan die lettertipe aan te bring. Ek is 'n wonderlike plek vir jou om 'n storie te vertel en jou gebruikers 'n bietjie meer van jou te laat weet. / PRIVAATHEID & VEILIGHEID Ek is 'n privaatheid- en veiligheidsbeleidafdeling. Ek is 'n wonderlike plek om jou kliënte in te lig oor hoe jy hul persoonlike inligting gebruik, berg en beskerm. Voeg besonderhede by soos hoe jy derdepartybankdienste gebruik om betaling te verifieer, die manier waarop jy data insamel of wanneer jy gebruikers sal kontak nadat hul aankoop suksesvol afgehandel is. Jou gebruiker se privaatheid is van die grootste belang vir jou besigheid, so neem die tyd om 'n akkurate en gedetailleerde beleid te skryf. Gebruik eenvoudige taal om hul vertroue te wen en maak seker dat hulle aanhou terugkeer na jou werf! / BETALINGSMETODES - Krediet-/debietkaarte - PAYPAL - Vanlyn betalings

  • SPESIALE VERSOEK VORM AFR | Suikerbekkie

    Spesiale Versoek Deel ’n paar besonderhede oor jou geleentheid en wat jy in gedagte het. Ek sal jou versoek nagaan en binne ’n paar dae met jou in verbinding tree om idees, beskikbaarheid en die volgende stappe te bespreek. Kontakinligting Naam & Van E-pos Phone Voorkeurkontakmetode E-pos WhatsApp Foon Afspraak Inligting oor die geleentheid Date and time Year Month Day Time : Hours Minutes TYPE OF EVENT (Birthday / Babyshower / Corporate / Meeting / Small celebration / Other - please specify) TIPE LOKAAL (Huis / Kantoor / Geleentheidslokaal / Ander – spesifiseer asseblief) Aantal gaste Tema of seisoenale fokus – bv. Lentekleure, Kersontbyt, Rustieke brunch, ens Bedienstyl Hoe verkies jy dat die kos aangebied word? Individuele porsies (bv. glase, koppies, mini-borde of bokse) Groter Platters Grazing Table Setup Nog nie seker nie — ek wil graag voorstelle hê. Allergieë en Dieetinligting Dieetvereistes en allergieë? Voorkeure en versoeke Is daar spesifieke items of smake wat jy graag wil insluit? Is daar enigiets wat jy eerder wil uitsluit? Voorkeure en begroting Wat pas die beste by wat jy in gedagte het? Basies – ’n ligter opsie met klassieke, bekostigbare bestanddele Standaard – ’n mooi balans van kwaliteitvleis, kase en geurige bygeregte Deluxe – a more indulgent mix including premium meats, fish, or cheeses Het jy ’n benaderde begroting in gedagte? Afhaling of aflewering Hoe wil jy jou bestelling ontvang? Afhaling by Suikerbekkie (Heist-op-den-Berg) Plaaslike aflewering (binne 15 km — onderhewig aan beskikbaarheid) Ek is nog nie seker nie. Voorkeurtyd vir afhaling of aflewering? Is daar enigiets anders wat jy graag wil hê ek moet weet? Ja, daar is spasie op die terrein. Nee, ek wil hê alles moet klaar gereed wees by aflewering. Nie seker nie Wil jy enige byvoegings insluit? (Kies alles wat van toepassing is) Soet happies (byvoorbeeld mini-tertjies, kolwyntjies of mini-nageregte, ens.) Wyn, drankies of sappe Blomme of dekor-detail Geen ekstra’s vir nou nie. Ander IS THERE ANYTHING ELSE YOU'D LIKE ME TO KNOW? Wil jy enige beelde, inspirasieborde of voorbeelde deel? Heg dokument aan Stuur

  • Shipping / Pick Up | Suikerbekkie

    VERSENDINGSBELEID By Suikerbekkie word alles vars op bestelling gemaak, met afhaal en beperkte plaaslike aflewering beskikbaar. Bestellings bo €60 kwalifiseer vir gratis aflewering binne ons gebied. Kontroleer jou area tydens die betaalproses. / AFHAALDIENS By Suikerbekkie word alles vars gemaak op voorafbestelling, met buigsame afhaaltye wat by jou skedule pas. Bestel aanlyn of kontak my per telefoon, e-pos of sosiale media. Besoeke is slegs op afspraak. Het jy vrae? Ek help graag.

  • Huisgemaakte Koekjes, Ambachtelijke Taarten en Charcuterie Schotels in Heist-op-den-Berg | Suikerbekkie Traktaties

    Ontdek Suikerbekkie Traktaties in Heist-op-den-Berg voor heerlijke huisgemaakte koekjes, ambachtelijke taarten, verrukkelijke charcuterie schotels en voedzame granola. Onze Zuid-Afrikaanse roots brengen een unieke smaak en traditie in elk product. Perfect voor privéfeesten en zakelijke bijeenkomsten. Onze versgebakken lekkernijen en ambachtelijke creaties worden gemaakt met de beste ingrediënten. Bezoek ons voor een smaak van kwaliteit en traditie. 100% NATUURLIK. TUIS GEMAAK... met 'n tikkie Suid-Afrikaanse flair! BEDERF JOUSELF Met sorg gemaak. Met liefde gedeel. Welkom by Suikerbekkie. My klein tuisbakkery wat ek uit my kombuis in Heist-op-den-Berg bedryf. My Suid-Afrikaanse wortels loop deur alles wat ek maak, saam met my liefde vir regte, eerlike bestanddele. Regte botter elke keer, want niks anders gee daardie sagte, ryk smaak nie. Geen pakkies of klaargemengde goed nie. Alles word van vooraf, stadig en met die hand gemaak. Ek het nog altyd ’n oog vir die fyner detail gehad en daarvan gehou om dinge met sorg te doen. Ná meer as twintig jaar as ’n event planner is dit waarskynlik presies hoekom hierdie klein besigheid ontstaan het. Of dit nou ’n lekker platter met soet happies is, ’n pot tuisgemaakte granola, ’n ontbyt- of charcuterieboks om die dag reg te begin, of ballonne en tafelafwerking om ’n oomblik ekstra spesiaal te maak. Ek geniet dit om warmte en aandag by gewone dae en vieringe te voeg. Net ’n klein bietjie huis, waar jou huis ook al mag wees. AANBOD Besoek ons aanbiedings en ontdek hoe ons funksies op 'n kunstige manier laat skitter. Van pragtige tafelversiering tot persoonlike geleentheidsversiering en bedagsame korporatiewe geskenke – ons maak jou visie 'n werklikheid. KOEKE & SOETIGHEID Bring mense bymekaar met tuisgemaakte lekkernye en warm, uitnodigende nageregtafels. Al ons gebak word heeltemal self gemaak met egte, suiwer bestanddele – vir daardie ware, huislike smaak. Perfek vir verjaarsdae, kommunies of familiekuiers. VERKEN BOKSE & BORDE Deel die geselligheid met charcuterie-, ontbyt- en piekniekbokse. Vars, seisoenaal en met sorg voorberei – soms met ’n Suid-Afrikaanse tikkie. ’n Attente manier om saam te geniet, iemand spesiaal te bederf, of sommer net vir jouself! VERKEN DEKOR & GESKENKE Soms is dit die klein detail wat ’n geleentheid besonders maak. Met dekor, ballonne en geskenke wat met sorg gekies en saamgestel word, bring ek warmte, styl en ’n bietjie siel na elke viering – groot of klein. VERKEN SPESIALE GESKENKOMSLAG Stuur 'n soet verrassing GRATIS AFLEWERING Afgelewer by jou voordeur NUWE OPTELDIENS Kry dit vars SUIKERBEKKIE TABLE TALK A collection of stories, lessons, and ideas from behind the scenes of Suikerbekkie. Expect creative inspiration, styling tips, and the occasional unfiltered opinion — all grounded in real experience and a love for thoughtful design. LATEST FROM THE TABLE Fresh notes, ideas, and musings from my Suikerbekkie world. How Suikerbekkie Began: Finding Strength in Creativity When life forced me to walk away from the business I had built, I had to start over — not out of choice, but out of need. Suikerbekkie became my way to rebuild joy, purpose, and a sense of home — one creation at a time. Read More → Follow us on Instagram @suikerbekkie_traktaties Load more

  • Dekor & Geskenke | Suikerbekkie

    DEKOR & GESKENKE Elke detail dra betekenis – die kleure, teksture en die manier waarop iets saamgestel word. Na twintig jaar in dekor en ontwerp glo ek dat skoonheid ontstaan waar eenvoud en sorg mekaar ontmoet. Suikerbekkie se Dekor- en Geskenkafdeling is vir mense wat hou van ’n styl wat warm, natuurlik en sonder voorgee voel. Lilac, pink and green balloon garland with gold plinths – Suikerbekkie Heist-op-den-Berg Birthday styling concept by Suikerbekkie featuring an organic balloon garland in lilac, pink and green on a round frame, paired with gold cake plinths and matching floral trim for an elegant celebration setup. Emerald green and chrome gold balloon garland with gold plinths – Suikerbekkie Heist-op-den-Berg Birthday setup by Suikerbekkie featuring an emerald green and chrome gold balloon garland accented with greenery, styled alongside gold cake plinths for a luxurious and modern celebration. Pink and rose gold balloon garland with floral trim – Suikerbekkie Heist-op-den-Berg Organic balloon garland by Suikerbekkie created for a first birthday celebration, styled in soft shades of pink, rose gold and chrome gold with delicate floral trim for a sweet, elegant finish. Lilac, pink and green balloon garland with gold plinths – Suikerbekkie Heist-op-den-Berg Birthday styling concept by Suikerbekkie featuring an organic balloon garland in lilac, pink and green on a round frame, paired with gold cake plinths and matching floral trim for an elegant celebration setup. 1/11 Dekor en Styllering Nie almal hou van dekorbeplanning of weet waar om te begin nie – maar almal waardeer ’n mooi prentjie. Dis waar ek inkom. Ek ontwerp eenvoudige, deurdagte stylkonsepte wat tafels of geleenthede laat uitstaan sonder onnodige koste of moeite. My dekoropstellings is ideaal vir kleiner byeenkomste, nageregtafels en intieme vieringe waar voorkoms saak maak, maar tyd of inspirasie beperk is. Elke konsep sluit sorgvuldig gekose huurstukke en stylvolle besonderhede in wat maklik saamgestel word, maar steeds verfynd en netjies lyk. Of dit nou ’n paar sleutelitems is om jou koeke en soetgoed te beklemtoon, of ’n volledige uitleg vir ’n temageleentheid, ek fokus op eenvoudige kombinasies wat mooi afneem en moeiteloos aanvoel. GESKENKE Ek was nog altyd lief daarvoor om geskenke te gee. Die soektog na die perfekte een bly vir my ’n vreugde – ’n geskenk wat prakties én vol betekenis is, iets wat gebruik of geniet kan word en ’n gevoel van deernis en warmte nalaat. Ek glo dat die verpakking deel van die boodskap is. Die sorg, detail en styl waarmee dit toegedraai word, dra by tot die ervaring en maak dit persoonlik – dit sê sonder woorde: jy is vir my belangrik. Vir ondernemings help ek graag om geskenke te kies wat waardering wys sonder om kommersieel te voel. Dis oor egtheid, nie volume nie – geskenke wat opregtheid en styl kombineer. Vir privaat kliënte help ek om die perfekte geskenk vir ’n geliefde, troue of spesiale geleentheid te vind, en sorg dat dit met soveel aandag toegedraai word as wat die oomblik verdien. Personalized baby shower gift with air plant in perspex box – Suikerbekkie Heist-op-den-Berg Custom baby shower gift by Suikerbekkie featuring a small air plant presented in a clear perspex box with a personalized thank-you label for a thoughtful, modern keepsake. Personalized hat box with spring roses – Suikerbekkie Heist-op-den-Berg Floral gift arrangement by Suikerbekkie featuring a personalized hat box filled with cheerful roses in soft spring shades, designed as a bright and elegant seasonal gift. Personalized baby shower gift with air plant in perspex box – Suikerbekkie Heist-op-den-Berg Custom baby shower gift by Suikerbekkie featuring a small air plant presented in a clear perspex box with a personalized thank-you label for a thoughtful, modern keepsake. 1/2

  • Suikerbekkie Traktaties

    Welkom Tuisgemaakte geluk, Suid-Afrikaanse styl Verlustig jou in Botter Genot: Proe die verskil! Sort by We recommend Newest arrivals Price: Low to High Price: High to Low Name: A to Z Name: Z to A Filters Clear all Filters Clear all Show items Show items CUPCAKES CUPCAKES CAKE LOAVES CAKE LOAVES TANTALIZING TARTS TANTALIZING TARTS CHEESECAKE CHEESECAKE CAKES GALORE CAKES GALORE MINI CAKES MINI CAKES ARTISAN GRANOLA ARTISAN GRANOLA CHRISTMAS EDITION CHRISTMAS EDITION Featured Products Tiramisu Cupcakes Tiramisu Cupcakes €21.00 Buy Now Lemon Meringue Tart Lemon Meringue Tart €30.00 Buy Now Rainbow Radiance Cupcakes Rainbow Radiance Cupcakes €21.00 Buy Now Apple Caramel Tart – Handmade Comfort in Every Slice Apple Caramel Tart – Handmade Comfort in Every Slice €30.00 Buy Now Vanilla Lemon Drizzle Cake Loafs x 4 Vanilla Lemon Drizzle Cake Loafs x 4 €19.50 Buy Now ChocoBerry Delightful Mini Loaves x 4 ChocoBerry Delightful Mini Loaves x 4 €22.00 Buy Now Sunny Citrus Mini Bundt Cakes x 12 Sunny Citrus Mini Bundt Cakes x 12 €30.00 Buy Now Mini Banana Loafs x 4 Mini Banana Loafs x 4 €19.00 Buy Now Berry Bliss Naked Cake - Triple Layer Cake Berry Bliss Naked Cake - Triple Layer Cake €49.50 Buy Now Grandma's Secret Chocolate Cake Grandma's Secret Chocolate Cake €49.50 Buy Now Sunshine Zest Cake Sunshine Zest Cake €49.50 Buy Now Mocha Magic Delight Mocha Magic Delight €51.50 Buy Now Spicy Carrot Delight Cake with Brown Butter Frosting Spicy Carrot Delight Cake with Brown Butter Frosting €51.50 Buy Now Fruit Bekkie – Nut & Fruit Granola Fruit Bekkie – Nut & Fruit Granola €12.50 Buy Now Seasonal Fruit Tart Seasonal Fruit Tart €30.00 Buy Now Asyn Pudding Asyn Pudding €30.00 Buy Now Tipsy Tart (Cape Brandy Pudding) Tipsy Tart (Cape Brandy Pudding) €34.00 Buy Now Kerst Bekkie Kerst Bekkie €12.50 Buy Now Pavlova Celebration Box Pavlova Celebration Box €30.00 Buy Now My Account Track Orders Favorites Shopping Bag Display prices in: EUR

  • DECOR FORM AFR | Suikerbekkie

    Kom Ons Skep Iets Moois Ek sal jou vorm noukeurig deurgaan en binne 'n paar dae met jou in verbinding tree om idees en volgende stappe te bespreek. KONTAK EN BASIESE INLIGTING MAATSKAPPYNAAM Indien van toepassing VOORNAAM & VAN E-POS FOON VOORKEUR KONTAKMETODE Geleentheidsbesonderhede DATUM EN TYD VAN DIE GELEENTHEID Year Month Day Time : Hours Minutes TIPE GELEENTHEID Verjaarsdag Baba-tee Korporatiewe Geleentheid Vergadering Troue Ander VENUE TIPE Tuis Restaurant Kantoor Event Venue Ander AANTAL GASTE VERWAG BINNE, BUITE, OF KOMBINASIE Binnenshuis Buitelug Combination of both Tema en styl TEMA OF KLEURSKEMA Voeg onbeslis by as jy nie seker is nie BESKRYF DIE ATMOSFEER WAT JY WIL HÊ Byvoorbeeld Elegant & eenvoudig, Speels & helder, Rustiek & natuurlik ens. Dienste en dekoropsies DEKOR OPSIES Op watter areas wil jy fokus? Ingang Tafel Middelstukke Tafelopstelling Nageregstasie Fotohokkie/agtergrond Tema-ballonpilare Ballonboog Ballonruikers Ander Wil jy graag soethappies of platters by jou opstelling insluit? Ek bied ’n verskeidenheid gebak en platters aan wat by die tema van jou geleentheid pas. Ja, stuur asseblief die vorm vir my Nee dankie IS DAAR ENIGIETS ANDERS WAT EK MOET WEET? WIL JY ENIGE INSPIRASIE OF BEELDE MET MY DEEL? Jy kan foto’s, skermgrepe of ’n stemmingbord oplaai wat die voorkoms of gevoel vasvang wat jy vir jou geleentheid wil hê. Laai lêer op Stuur

  • FAQ | Suikerbekkie

    Frequently asked questions Stel algemene vrae op Algemeen Hoe voeg ek 'n nuwe vraag en antwoord by? Volg hierdie stappe om 'n nuwe algemene vrae by te voeg: 1. Klik "Bestuur Gereelde Vrae"-knoppie 2. Vanaf jou werf se kontroleskerm kan jy al jou vrae en antwoorde byvoeg, redigeer en bestuur 3. Elke vraag en antwoord moet by 'n kategorie gevoeg word 4. Stoor en publiseer. Kan ek 'n prent, video of gif in my algemene vrae invoeg? Ja. Volg hierdie stappe om media by te voeg: 1. Voer die toepassing se instellings in 2. Klik op die "Bestuur algemene vrae"-knoppie 3. Kies die vraag waarby jy media wil byvoeg 4. Wanneer jy jou antwoord redigeer, klik op die kamera-, video- of GIF-ikoon 5. Voeg media by jou biblioteek. Hoe wysig of verwyder ek die "Gereelde Vrae"-titel? Jy kan die titel wysig vanaf die Instellings-oortjie in die toepassing. As jy nie die titel wil wys nie, deaktiveer eenvoudig die titel onder "Inligting om te wys".

  • CONTACT | Suikerbekkie

    / HET JY 'N VRAAG? Ons is slegs oop vir besigheid op afspraak. Ons ure is buigsaam en ons is beskikbaar om jou te dien op enige tyd wat vir jou gerieflik is. Skakel ons asseblief om 'n afspraak te maak en ons sal jou met graagte akkommodeer. Ons sien uit daarna om jou binnekort te sien! KONTAK MY Tel: +32 468 476404 E-pos: Kliek hier OPENINGSURE Slegs op afspraak ADRES Indien Dankie vir die indiening! 15 Hollestraat Hallaar, 2220

  • Privacy Policy | Suikerbekkie

    PRIVAATHEIDSBELEID Privaatheidsbeleid Laas opgedateer: 28/10/23 1. Inleiding Suikerbekkie Traktaties ("ons," "ons," of "ons") is daartoe verbind om jou privaatheid te beskerm. Hierdie Privaatheidsbeleid beskryf hoe ons jou persoonlike inligting insamel, gebruik en beskerm wanneer jy ons webwerf besoek of ons dienste gebruik. 2. Inligting wat ons versamel Ons kan die volgende tipes persoonlike inligting insamel: Kontakinligting: Dit sluit jou naam, e-posadres, telefoonnommer en fisiese adres in. Betalinginligting: As jy aankope deur ons webwerf maak, kan ons betalingsbesonderhede, insluitend kredietkaartinligting, insamel. Gebruiksdata: Ons versamel data oor hoe jy met ons webwerf omgaan, soos jou blaaigeskiedenis, IP-adres en toestelinligting. Kommunikasie: Ons kan jou interaksies met ons opneem, insluitend e-posse, kletsboodskappe en kliëntediensnavrae. 3. Hoe ons u inligting gebruik Ons gebruik jou persoonlike inligting vir die volgende doeleindes: Om ons dienste te verskaf en in stand te hou, insluitend bestellingverwerking en kliëntediens. Om jou ervaring te verpersoonlik en pasgemaakte inhoud aan te bied. Om betalings te verwerk en bedrieglike transaksies te voorkom. Om promosiemateriaal, opdaterings en nuus oor ons dienste te stuur, maar slegs met jou toestemming. Om ons webwerf en dienste te verbeter deur analise en terugvoer van kliënte. 4. Deel jou inligting Ons kan jou persoonlike inligting deel in die volgende omstandighede: Met derdeparty-diensverskaffers om te help met ons bedrywighede, soos betalingsverwerking en versending. Wanneer dit deur die wet vereis word of om ons regte, privaatheid, veiligheid of eiendom te beskerm. In die geval van 'n samesmelting, verkryging of verkoop van al of 'n gedeelte van ons bates. 5. Jou privaatheidskeuses Jy het sekere privaatheidsregte, insluitend: Toegang tot jou persoonlike inligting wat ons hou. Regstelling van onakkuraathede in jou inligting. Vee jou inligting uit. Onttrekking van promosiekommunikasie. 6. Datasekuriteit Ons implementeer sekuriteitsmaatreëls om jou inligting te beskerm, maar geen aanlyn platform kan heeltemal veilig wees nie. Ons doen 'n beroep op u om u aanmeldbewyse te beskerm en voorsorgmaatreëls te tref om u persoonlike data te beskerm. 7. Veranderinge aan hierdie beleid Ons kan hierdie Privaatheidsbeleid van tyd tot tyd bywerk om veranderinge in ons praktyke te weerspieël of vir wetlike en regulatoriese redes. Ons sal jou in kennis stel van enige beduidende veranderinge deur 'n prominente kennisgewing op ons webwerf te plaas. 8. Kontak ons As jy enige vrae of bekommernisse het oor hierdie Privaatheidsbeleid of ons datapraktyke, kontak ons assebliefHIER . 9. Toepaslike Reg Hierdie Privaatheidsbeleid word beheer deur die Belgiese wetgewing, en enige dispute sal opgelos word in ooreenstemming met Belgiese regsprosedures.

WINKEL:

Voorwaardes & Bepalings
Vrae en Antwoorde
Versending / Afhaal
Winkelbeleid
Kontak My

BESKIKBAARHEIDSURE:

Suikerbekkie het geen vaste ure nie.
Afhaal- en afleweringstye word vooraf gereël op ’n manier wat vir jou gemaklik is.
Persoonlike afsprake kan gereël word indien verkies.


Dankie dat jy my en my klein besigheid ondersteun.

ADRES:

Hollestraat 15
2220, Hallaar
België

  • Instagram
  • Facebook

© 2023 deur Suikerbekkie Traktaties. 

Subscribe for a little sweetness in your inbox. Get an occasional note when something fresh is baking, a workshop opens, or a new box launches. Simple, warm, and worth reading with your coffee.

bottom of page